In recognition of Transport Month this October, the Cape Winelands District Municipality (CWDM), in collaboration with the Western Cape Government’s Department of Mobility’s Road Safety Management division and Department of Education, conducted road safety campaigns at schools across the district.
One school was identified in each municipal area to participate in this year’s campaign. The selected schools were St Vincent Primary School in the Stellenbosch Municipality, Overhex Primary School in the Breede Valley Municipality, Wanganella NGK Primary School in the Witzenberg Municipality, Gelukshoop NGK Primary School in the Langeberg Municipality, and Bergrivier NGK Primary School in the Drakenstein Municipality. This campaign will continue over the next three years, with different schools identified each year.
Our team from the Regulation of Passenger Transport Services in the Technical Services Department, along with Councillor Gideon Carinus, Portfolio Holder, joined the school activations to educate young learners on road safety as pedestrians and passengers.
Additional stakeholders participated in some of the activations to provide fun yet educational safety demonstrations and talks. These stakeholders included the Fire Services of Stellenbosch, Breede Valley, and Witzenberg municipalities, the Western Cape Government’s Community Development Workers Programme, SAPS, PRASA, EMS, and organisations such as Working on Fire and Working on Water.
—
Ter erkenning van Vervoermaand dié Oktober het die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM), in samewerking met die Wes-Kaapse Regering se Departement van Mobiliteit se Padveiligheidsbestuur-afdeling en Onderwysdepartement padveiligheidsveldtogte by skole regoor die distrik gehou.
Een skool is in elke munisipale gebied geïdentifiseer om aan vanjaar se veldtog deel te neem. Die gekose skole was St Vincent Laerskool in die Stellenbosch Munisipaliteit, Overhex Laerskool in die Breedevallei Munisipaliteit, Wanganella NGK Laerskool in die Witzenberg Munisipaliteit, Gelukshoop NGK Laerskool in die Langeberg Munisipaliteit en Bergrivier NGK Laerskool in die Drakenstein Munisipaliteit. Hierdie veldtog sal oor die volgende drie jaar voortduur, met verskillende skole wat elke jaar geïdentifiseer word.
Ons span van die Regulering van Passasiersvervoerdienste in die Tegniese Dienste-afdeling, saam met Raadslid Gideon Carinus, Portefeuljehouer, het by die skoolaktiverings aangesluit om jong leerders as voetgangers en passasiers oor padveiligheid op te voed.
Ander belanghebbendes het met prettige, maar opvoedkundige, veiligheidsdemonstrasies en praatjies aan van die aktiverings deelgeneem. Hierdie belanghebbendes het die Brandweerdienste van die munisipaliteite van Stellenbosch, Breedevallei en Witzenberg, die Wes-Kaapse Regering se Program vir Gemeenskapsontwikkelingswerkers, SAPD, PRASA, EMS en organisasies soos Werk met Vuur en Werk met Water ingesluit.